|
Die Paryse Metro is 'n openbare vervoerstelsel wat Parys en die omliggende stedelike gebied bedien. Dit bestaan uit 16 lyne wat hoofsaaklik ondergronds loop en altesaam 214 kilometer lank is. Dié moltreinstelsel, wat 'n simbool van Parys geword het, word gekenmerk deur die digtheid van sy netwerk in die middestad van Parys en sy homogene argitektoniese styl wat sterk deur die Art nouveau-beweging beïnvloed is.
Die eerste spoorlyn van die Paryse Metro is tydens die aanloop tot die Wêreldtentoonstelling van 1900 opgerig. Dit is 'n paar maande na die aanvang van die tentoonstelling ingehuldig. Die netwerk is daarna tot met die Tweede Wêreldoorlog vinnig in die middestad van Parys uitgebrei. Die metro vervoer vandag ongeveer 4,9 miljoen passasiers per dag.
- ...lees verder
Nog voorbladartikels...
... dat die Tupolev Tu-144 van die Sowjetunie die eerste supersoniese passasiersvliegtuig ter wêreld was? Die eerste toetsvlug het op 31 Desember 1968 plaasgevind, enkele maande voordat die Frans-Britse Concorde vir die eerste keer opstyg.
... dat Asië en Noord-Amerika op verskillende tye in die verlede deur die Beringlandbrug verbind is?
|
Aktueel
Hierdie dag in die geskiedenis
2 Desember:
Ander gebeure in Desember...
|